STANDERTON HENGEL- & BOOTKLUB

 

VOORSITTER: VENNA VENTER

(083 762 6930)

 

ONDERVOORSITTER: SP VAN NIEKERK

(082 788 8081)

 

SEKRETARESSE: ENA BESTER

(083 5577 863)

 

VEILIGHEIDSBEAMPTE: THINUS VAN NIEKERK

(082 322 7645)

 

                                                                        WEBWERF: www.standerton.com/shb

                                                                       

                                                                        E-MAIL: shbk@vodamail.co.za             Fax: 086 263 9074

                            POSBUS 444,   STANDERTON   2430

 

 

Nuusbrief No 1 : 2012 / 2013                        20  MAART 2012

 

Dagsę, alle lede :

 

n Nuwe jaar het vir die Standerton Hengel- en Bootklub aangebreek en die bestuur wil een en almal ‘n wonderlike 2012-2013 toewens.

Soos u almal weet het die Algemene Jaarvergadering op 3 Maart 2012 plaasgevind en wil ons net die volgende baie belangrike inligting aan u oordra.

 

Die nuwe bestuur vir die 2012/2013 jaar is as volg :

 

NAAM

AMP

SELFOON

E-MAIL ADRES

Venna Venter

Voorsitter

083 762 6930

fenna.venter@eskom.co.za

SP van Niekerk

Onder-Voorsitter

082 788 8081

spvanniekerk@live.co.za

Jaco van Niekerk

Tesourier

082 521 2051

jacovniekerk@yahoo.com

Ena Bester

Sekretaresse

083 557 7863

bester@Standerton.com

Thinus van Niekerk

Veiligheidsbeampte

082 322 7645

thinus.vniekerk@eskom.co.za

WK Van der Merwe

Veiligheidsbeampte / Rekordbeampte

073 481 3777

WkvdMerwe@eskom.co.za

Annerie v/ d Merwe

Skakelbeampte

083 268 1112

annerievdm@ritchieauto.co.za

Koos Bester

Terreinmeester

073 859 7436

koos.bester@eskom.co.za

Nicky Momberg

Koȍrdineerder Diepsee / Terrein

082 535 6735

nickym7@hotmail.com

Terence du Plooy

Koȍrdineerder Diepsee

082 440 9122

duplooyterence@gmail.com

Gerhard Lombard

Koȍrdineerder Watersport

079 894 8532

gerhardlombard@ananzi.co.za

Jaco Loretz

Koȍrdineerder Oewerhengel /  LGB

082 646 6178

jacoloretz@yahoo.com

Tokkie Brits

Koȍrdineerder LGB

072 786 4422

elitepan@xinet.co.za

Nick Oosthuizen

Koȍrdineerder  Kampering

071 674 6749

nick@electro-heat.co.za

 

Neem asseblief die vrymoedigheid om enige bestuurslid te kontak indien jy verdere inliging benodig. NEEM OOK ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE E-POS ADRES, FAKSNOMMER EN POSADRES WAT BO AAN HIERDIE NUUSBRIEF VERSKYN.

Enige klagtes moet skriftelik by die Voorsitter ingedien word.  Neem ook kennis dat daar ‘n klagte en gedagte posbus by die klubhuis opgesit is en dat u met vrymoedigheid enige voorstelle daar kan indien.  Weet egter dat klagtes nie hanteer sal word indien u naam en adres nie op die skrywe aangebring is nie.

 

1.       JAARPROGRAM : Die jaarprogram vir die 2012/2013 jaar word by hierdie skrywe aangeheg en u word vriendelik versoek om dit deur te gaan en te poog om soveel as moontlik van hierdie aksies met ons mee te maak.

 

 

 

 

2.       LEDEGELD :  Onthou asseblief om u ledegeld voor 31 Maart 2012 te betaal.  Lede wat nie betyds hul betalings doen nie se sleutels sal gesny word en sal moet her-aansoek doen aangesien daar ‘n waglys is vir nuwe lidmaatskap. 

 

Bankbesonderhede is as volg:  Standerton Hengel-& Bootklub (Tjek rekening)

                                     ABSA Standerton

                                     Rekening Nommer :  1026 130 925

                                     Tak kode :  509-243

                                     VERWYSINGSNOMMER :  Voorletters en Van

 

Net om seker te maak dat ons wel u betaling aanteken kan u ook die deposito strokie faks of e-pos na die volgende nommer / adres :

 

FAKS NR          :          086 263 9074

E-POS  :          shbk@vodamail.co.za  of jacovniekerk@yahoo.com

 

BAIE BELANGRIK :  NEEM KENNIS DAT DIE LEDEGED VIR HIERDIE JAAR VERHOOG HET NA R1200.00 EN R600 VIR PENSIOENARISSE OOR DIE OUDERDOM VAN 60 JAAR.

           

3.       KLUBREëLS :  Kom asseblief die klub-, terrein-, water-, en veiligheidsreëls te alle tye na.  Dit maak die werk van die bestuur soveel makliker as elkeen sy samewerking gee. 

 

4.       LAPA :  Daar was besluit om nie op hierdie stadium die lape se huur te verhoog nie en dit kan steeds gehuur word vir R300 per dag.  Besprekings kan by die sekretaresse gedoen word.  TYDENS PRIVAAT FUNKSIES MOET DIE LEDE ASSEBLIEF DIE MENSE SE PRIVAATHEID IN AG NEEM EN NIE DIE GERIEWE IN DIE LAPA GEBRUIK NIE.

 

5.       HOUTHUIS :  Daar was ook besluit om nie die huur van die houthuis te verhoog nie en dit is steeds beskikbaar teen R100 per nag vir lede alleenlik.  NEEM OOK ASSEBLIEF KENNIS DAT SLEGS LEDE DIE HOUTHUIS MAG HUUR.  INDIEN ‘N LID  NIE-LEDE SAAMBRING MOET DIE BESOEKERS STEEDS DIE R50 PER PERSOON BESOEKERSFOOI BETAAL.

 

6.       BESOEKERSFOOI :  Na oorweging deur die Bestuur was daar besluit om die besoekersfooi steeds op R50 per persoon te los. Besoekers moet te alle tye deur ‘n lid vergesel wees.  Lede wie se kinders nog studeer sal steeds toegelaat word om gratis toegang te kry maar indien die student sy/haar vriende saambring (wat nie-lede is nie) sal daar vir hulle betaal moet word.  Besoekers wat saam met lede kom kamp (in hul eie tent of karevaan) sal steeds R100 per nag en R50 per persoon betaal.  Indien die besoeker saam met die lid in sy karevaan of tent slaap sal geen oornag fooi gehef word nie maar slegs die R50 per persoon besoekersfooi.

 

7.       HENNEDAG :  Die Hennedag word hierdie jaar op 8 September gehou en groot dinge word beplan vir hierdie jaar.  Ons gaan vroeg in die jaar reeds met die reëlings begin en vra dat alle belangstellendes vir Ena bel by (083 5577 863) of E-pos (bester@standerton.com ) met enige voorstelle of idees.  Kom ons kyk of ons dit hierdie jaar groter as verlede jaar kan maak.

 

 

Vriendelike Hengel- & Bootklub groete

VENNA VENTER

(VOORSITTER)