Back to Standerton Website

Accommodation

Banking

Business Index

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                                
Algemene Inligting

 

HOME

In Memorium

Oewer

 Best Boat

   

Watersport

LGB

BEST BOAT RANGLYS

   


MPUMALANGA LIGTE GEREI BOOTHENGEL

Die 2de liga van die Mpumalanga Ligte Gerei Boothengel het plaasgevind
te Vaaldam op 17 September 2011 ter voorbereiding van die Binnelandse
Kampioenskappe.

Altesaam 72 hengelaars het deelgeneem wat mans, dames, juniors en penkoppe insluit. 5 Klubs het deelgeneem, naamlik Middelwit, Tilapia, AHV,
Standerton en Bronski.

Tilapia Klub (Witbank) was die algehele klubwenner. Hulle het die mans, dames en Junior wenner opgelewer.

Oom Dawie Havelaar was die mans kampioen met ‘n sak gewig van 64.80kg, Joyce Farrel die dames kampioen 57.44 kg
en Neil Farrel se sak was 69.82kg. Hy was ook die kampioen van die dag.

Klein Koos Farrel het die grootste Barber vir die dag genet 17.74kg.

Die grootste karp was 5.10kg en is gevang deur Dawie Havelaar.

Ons volgende liga vind plaas op Witbank dam 19 November 2011. Belangstellendes
kan vir Annerie kontak by 083 268 1112.
 

 

Die eerste Liga van die Mpumalanga Ligte Gerei Boothengel
Het te Richardsbaai plaasgevind vanaf 14 - 16 Julie 2011.
Die 14de was ‘n oefendag en die 2 amptelike hengeldae was op
Vrydag en Saterdag 15 & 16 Julie, waarvan die beste een van
die twee dae getel het.

Die visvangs was egter beide dae baie swak en die weer het
in niemand se guns getel nie. Reen en koue wind was deurgaans
op die hengelaars se spyskaart en die paar bote wat wel uitgegaan
het diep see toe is baie vinnig terug sonder om lyne te laat sak.

Dag 1 het 15 eetbare vis en 15 nie-eetbare vis opgelewer uit ‘n
totaal van 43 hengelaars wat uit mans, dames en juniors bestaan het.

Vir die eerste maal in ‘n lang tyd het op dag 2 het die roofvis binne die
hawe kom skuiling soek en het ons 14 eetbare vis teenoor 7 nie-eetbare
vis op rekord geplaas. Alle vis is gemeet, foto’s geneem en weer vrygelaat.

‘n Nuwe Mpumalanga rekord vir ‘n Leervis van 10.90kg is deur Oos Koos
Farrel gevang met 4kg lyn. Die swaarste nie-eetbare vis (skuit) is gevang
deur Kurt Melzer 26.75kg wat ook die Mans wenner van die Liga was.
Beide hengelaars is van Tilapia klub in Witbank.

Leervisse het ook aan die dames en juionr wenner die eerste plekke besorg.
Die dames wenner was Anel de Silva van AHV-klub te Vereniging
met ‘n leervis van 7.69kg. Die junior wenner Damien Ansara ook
van Tilapiaklub met ‘n leervis van 5.93 kg.

Die 2de Liga vind plaas op die Vaaldam te Regeringsplaas op 16 & 17 September
2011 ter voorbereiding van die Binnelandse Kampioenskappe wat sal plaasvind
vanaf 5 – 9 Oktober 2011.

Belangstellendes kontak vir Annerie by 083 268 112.
 


This Website is designed, hosted and maintained by:

© Standerton.com, Sakhile.com and Lekwa.com 2002-2011 all rights reserved.

BACK TO TOP