|
|
|
Vir meer inligting in verband met LGB, Oewer, Watersport, byeenkomste, fotos en algemene ander inligting: |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
|
|
|
|
STANDERTON HENGEL & BOOTKLUB |
|||
|
JAARPROGRAM 2011/2012 |
|||
|
25 & 26 Nov '11 |
5de Best Boat |
WK v/dMerwe |
073 481 3777 |
|
26 Nov '11 |
Boot toets (Diepsee & Varswater) |
Thinus Van Niekerk |
082 322 7645 |
|
26 Nov '11 |
Watersport dag |
Gerhard Lombard |
079 894 8532 |
|
29 Nov ‘11 |
9de Bestuurs Vergadering |
Len Jacobs Huis |
Len Jacobs Huis |
|
16 Des ’11 |
2de Oewerdag |
Jaco Loretz |
082 646 6178 |
|
16&17 Des '11 |
2de Diepsee (Sudwana) |
Nicky Momberg |
082 535 6735 |
|
17 Des '11 |
KERSBOOM |
Venna Venter |
083 762 6930 |
|
31 Des ‘11 |
OUJAARSDANS |
Venna Venter |
083 762 6930 |
|
24 Jan ‘12 |
10de Bestuurs Vergadering |
Len Jacobs Huis |
Len Jacobs Huis |
|
27 & 28 Jan '12 |
6de Best Boat |
WK v/dMerwe |
073 481 3777 |
|
4 & 5 Feb '12 |
3de Oewerdag - Day & Night |
Jaco Loretz |
082 646 6178 |
|
07 Feb ‘12 |
5de Ope Vergadering |
KLUBHUIS – 19H00 |
KLUBHUIS – 19H00 |
|
17 & 18 Feb '12 |
2de Diepsee (Shelly beatch Of Mosambick) |
Nicky Momberg |
082 535 6735 |
|
21 Feb ‘12 |
11de Bestuurders Vergadering |
Len Jacobs Huis |
Len Jacobs Huis |
|
24 & 25 Feb '12 |
7de Best Boat |
WK v/dMerwe |
073 481 3777 |
|
03 Mrt ‘12 |
AJV |
KLUBHUIS – 14H00 |
KLUBHUIS – 14H00 |
Kontak
Inligting:
P O Box 444
Standerton 2430
2430 Enige navrae
kontak:
Voorsitter: Fenna Venter
Cell: 083 762 6930 Sekretaresse: Melinda Oosthuizen Cell: 072 239 4744
E-Pos: shbk@vodamail.co.za
Visits since 01/01/2011
Slide-Show of Grootdraai Dam at Standerton below:
Die volgende
Skippersopleiding & eksamen sal
op Saterdag 5 November 2011 by die Bootklub
se Lapa gehou word.
Name moet asb deurgegee word aan Annerie vd Merwe
083 268 1112 of per e-pos (verkieslik)
annerievdm@ritchieauto.co.za
Kostes R1 500.00 per persoon. Kontant by
opleiding. Kostes sluit in ligte verversings
asook alle studiemateriaal benodig. Bring ASB
u eie pen. Eksamen (teorie & prakties) word direk
na afloop van die kursus aangebied.
Slegs 20 persone (maksimum) kan geakkommodeer word.
Dit sal die laaste opleidingsgeleentheid vir 2011 wees.
Indien iemand vroeer opleiding wil ondergaan.
kan hulle vir Peter Ansara op Middelburg kontak.
082 318 4302
10 September 2011 te Middelburg
of 15 Oktober 2011 te Middelburg/Evander.
STANDERTON HENGEL EN BOOTKLUB
KLUBREëLS
STANDERTON HENGEL EN BOOTKLUB
KLUBREëLS:
1.Geen applikant sal toegelaat word om aan te sluit sonder finale
goedkeuring van die bestuur.
2.Die bestuur mag enige aansoek om lidmaatskap afkeur sonder om enige rede
te verskaf.
3.Die finansiële jaar sluit einde Februarie van elke jaar.
4.Ledegeld is betaalbaar nie later as einde Maart van elke jaar, by
versuim waarna sleutels gesny sal word en her-aansoek gedoen sal moet word
om lidmaatskap.
5.Geen motorfiets/vierwielmotorfietse mag op die terrein gery word nie.
6.Geen troeteldiere/kragopwekkers en oop elektriese koorde word toegelaat
nie.
7.Voertuie moet op slakkepas bestuur word en alleenlik deur ‘n persooon met
‘n geldige rybewys.
8.Geen voertuie mag op die lanseerarea of trappe langs die ablusiegeriewe
parkeer word nie.
9.Bote en sleepwaens mag slegs op die parkeerarea soos aangedui parkeer
word.
10.Bote mag nie buite die water aangeskakel word nie.
11.Geen bote of sleepwaens sal op die terrein gestoor word vir langer as
een maand nie.
12.Geen onderdele mag op die terrein gelos word en geen besoedeling soos
ghries of ander chemiese middels sal op die terrein toegelaat word nie.
13.Geen vandalisme sal geduld word nie.
14.Geen verskuiwing van braaiers en tafels nie.
15.Vure moet onmiddellik geblus word na gebruik en geen oop vure word op
die grond toegelaat nie.
16.Geen gate mag op die terrein gegrawe word nie.
17.Kinders onder 6 jaar moet vergesel word deur ‘n ouer tydens die gebruik
van die ablusiegeriewe.
18.Bote/”wetbikes” mag slegs bestuur word deur persone met “skipperslisensies”.
19.Kinders sal nie toegelaat word om in die bootarea te swem nie.
20.Water sal ten alle tye spaarsamig gebruik word.
21.Slegs een karavaan of tent per lid word toegelaat .
22.Besoekers word nie toegelaat om gedurende Desember en April vakansies
saam met lede te kamp.
23.Kampeerders moet self hul rommel plaas in die houers vir vullis
voorsien.
24.Na 22:00 word as rustyd geag en moet musiek en gesprekke so wees dat
dit nie ‘n steurnis vir ander kampeerders veroorsaak nie.
25.Geen hengel word toegelaat voor die Lapa, speelpark en lanseerarea van
die bote nie.
26.Hengel word slegs toegelaat in areas soos aangedui.
27.Bootbestuurders en waterbromponies (in besit van ‘n wettige
skipperslisensie) sal nie toegelaat word om in die lanseerarea te jaag nie
en moet te alle tye bedag wees vir skiërs wat in die water mag wees.
28.Bootbestuurders wat skiërs trek moet op die uitkyk wees vir mede-skiërs
wat terugkeer na die lanseerarea en ry-voorrang verleen aan die inkomende
skiër alvorens hy vertrek.
29.Klublede mag nie hul sleutels vir dagbesoekers/nie-lede uitgee nie.
Dagbesoekers moet te alle tye vergesel wees van ‘n klublid en vir die duur
van hul besoek.
30.Klublede moet toesien dat die voorgeskrewe dagbesoekersfooi van R50,00
per besoeker by Hekwag inbetaal word. Kinders moet ten alle tye vergesel
wees van die hooflid.
31.GEEN KINDERS (hetsy lede se kinders en/of besoekers) WORD TOEGELAAT OM
IN GROOT GROEPE TE KAMP OF DIE FASILITEITE TE GEBRUIK SONDER DIE TOESIG
VAN DIE HOOFLID EN VOORAF GOEDKEURING DEUR DIE BESTUUR.
32.Kampering vir besoekers/nie-lede beloop R100.00 per nag per staanplek
(geen kampering gedurende APRIL & DESEMBER) plus R50.00 per persoon per
dag.
33.Klagtes moet skriftelik by ‘n bestuurslid ingehandig word.
34.Die Algemene Jaarvergadering sal plaasvind met die lede teenwoordig.
35.‘n Lid moet minstens een jaar aktief wees om in die Bestuur te kan dien.
36.Tydens privaat funksies mag die lede nie van die Lapa fasiliteite
gebruik maak nie.
37.Die swembad word op eie risiko gebruik en lede is verantwoordelik vir
die veiligheid van hulle kinders. Die Bestuur en Veiligheidsbeamptes
aanvaar geen verantwoordelikheid van welke aard ookal ten opsigte van die
gebruik van die swembad.
38.Zone A As jy hier kamp mag jy ‘n maximum van 6 weke kamp. Jy moet dan
ten alle tye by die woonwa wees. As jy huis toe gaan moet jou woonwa saam.
Zone B Mag jy ‘n maximum van 6 weke staan, jy mag jou woonwa daar laat
staan tot die volgende naweek. Jy mag hom nie langer as 3 weke alleen los
nie. Na die 6 weke tydperk moet jy jou woonwa verwyder.
Zone C Dit is slegs parkering vir jou woonwa. Jy mag geen tent opslaan of
krag trek vir jou woonwa. Dit dien slegs as parkering.
INDIEN AANVAAR ONDERNEEM EK OM DIE VERMELDE KLUBREëLS TE ONDERHOU EN MY
NIE SKULDIG TE MAAK AAN
SLEGTE GEDRAG OF ENIGE OORTREDING WAT NIE BEVORDERLIK IS VIR DIE GOEIE
NAAM VAN DIE KLUB NIE.
BACK TO TOP
SKIPPERSOPLEIDING & EKSAMEN
Die 2de Skippersopleiding & eksamen vir 2011 word
tans beplan.
'n Waglys is tans in plek.
Skakel of e-pos asb vir Annerie 083 268 1112
of
annerievdm@ritchieauto.co.za
Die datum sal bekend gemaak word sodra
dit vasgemaak is.
ANNERIE
This Website is designed, hosted and maintained by:
© Standerton.com, Sakhile.com and Lekwa.com 2002-2011 all rights reserved.
|
|