|
|
ALGEMEEN:
SAL BINNEKORT OPGEDATEER WORD
SAL BINNEKORT OPGEDATEER WORD
SAL BINNEKORT OPGEDATEER WORD
K O M P E T I S I E R E ë L S
HENGELREËLS VIR BEST BOAT LIGAS 2018 & 2019
Die doel van die dokument is om n kriteria daar te stel om eenvormige reëls toe te pas om sodoende die ligas so regverdig moontlik te hou in die Standerton Hengel- & Bootklub.
Daar word in vyf kategorieë meegeding :-
Mans
Dames
Juniors (vanaf die jaar waarin hy 9 (nege) word tot en met 18 Jaar)
Penkop (tot en met die jaar waarin hy 8 (agt) word)
Best Boat
Swaarste sak
.Reëls:
Daar moet gehengel word volgens die hengellisensies se voorwaardes – die Bootklub kan jou nie vrywaar van enige van die reëls nie.
Elke hengelaar mag net 3(drie) stokke aan boord hê.
Lynklas is beperk tot ±8kg.
Geen handlyne nie.
Geen dobber groter as 500ml mag gebruik word nie.
Hengel moet ten alle tye vanaf die boot plaasvind. Geen stokke op die oewer nie.
Skep van vis moet vanaf die boot plaasvind.
Voor elke liga sal daar n kapteinsvergadering plaasvind wat alle hengelaars van die dag moet bywoon.
Indien n hengelaar laat is moet hy telefonies kontak maak met die organiseerder vir inskrywing- en veiligheids doeleindes.
Kompetisies begin soos volg:
a. Maande met n
b.
Maande sonder n "R" 06:30 Kapteinsvergaderingc. Kompetisie begintyd sal by die vergadering aangekondig
word nadat die weer in ag geneem is.
Inweeg is om 16:00 by die inweegarea. Alle hengelaars se vis moet op die kant wees om presies 16:00 voor die inweegarea.Vir dag/nag kompetisies sal dit om 15:00 wees.
Geen verskoning sal aanvaar word nie. Indien n persoon enjinprobleme ondervind moet so n persoon self reël dat n ander persoon sy sak inbring. Indien die sak laat is sal hy nie tel nie. Dit is elke hengelaar se verantwoordelikheid om kommunikasie te verseker.
Bote word slegs 24 uur voor die aanvang van die kompetisie op die water toegelaat vir oefen doeleindes.
Geen bote sal vanaf Maandag oggend eerste lig op die water toegelaat word in die week voor die aanvang van die kompetisie, vir voer doeleindes nie.
Indien n hengelaar die reël oortree sal hy met daardie liga gediskwalifiseer word plus met nog n liga van sy keuse.
Twee (2) Merkers word toegelaat maar moet duidelik met die boot se naam en nommer gemerk wees.
Indien n merker nie gemerk is nie mag enige persoon hom optrek en op daardie plek vang.
Respekteer gemerkte merkers, jy mag nie nader as 100m van so ‘n merker kom of vaar nie.
Enige klagtes moet in skrif tydens die inweeg tot voor die prysuitdeling by die kaptein van die dag ingehandig word – as die prysuitdeling klaar is sal geen klagtes meer aanvaar word nie.
Alle bootklub veiligheidsmaatreëls en wetgewing moet aan voldoen word.
Slegs bootklublede mag best boat hengel.
Gaste sal slegs toegelaat word om deel te neem. Hulle sal vir Best Boat gemiddeld in aanmerking geneem word maar sal nie tel vir klub punte nie. Besoekers sal deel in die pryse.
Elke persoon op die boot tel as hengelaar en moet inskryf - (Behalwe Best Boat vir A.J.V.)
Die volgende persone het die reëls opgestel en sal dan ook as die reëlings-lede bekend staan:
Tokkie Brits 6. Nicky Momberg
Jaco Loretz 7. PG Gerber
Bart Swart 8. Gé Vorster
Dirk Erasmus 9. G. Lee
Phillip Herbst
Die tugkomitee sal bestaan uit die Bootklub se aangewysde tugkomitee om enige klagtes te hanteer.
INSKRYWINGSGELDE
Inskrywingsgelde is R 50 per liga vir mans en dames, juniors en penkoppe gratis.
Klub sal genader word vir R3 000 per liga vir pryse.
2014 – 2015 LIGA FORMAAT
Best boat
Swaarste Baber – Swaarste baber geweeg vir die dag – Swaarste baber vir die dag ongeag die kategorie van die hengelaar (Senior/ dame/ junior of penkop) wen die prys – elke hengelaar se swaarste baber kwalifiseer vir sy kategorie se ligapunt.
Swaarste Karp - Swaarste karp geweeg vir die dag – Swaarste karp vir die dag ongeag die kategorie van die hengelaar (Senior/ dame/ junior of penkop) wen die prys – elke hengelaar se swaarste karp kwalifiseer vir sy kategorie se ligapunt.
Swaarste Sak - Swaarste sak geweeg vir die dag – Swaarste sak vir die dag ongeag die kategorie van die hengelaar (Senior/dame/junior of penkop) wen die prys – elke hengelaar se sak kwalifiseer vir sy kategorie se ligapunt.
Swaarste Modderbek
– Swaarste Modderbek vir die dag – Swaarste Modderbek vir die dag ongeag die kategorie van die hengelaar (Senior/dame/jnr of penkop).Daar is 7 ligas waarvan die 5 bestes tel vir die ligapunte.
BEST BOAT LIGA DATUMS
Kliek hier
OEWER KOMPETISIES
Kliek hier
DIEPSEE
WATERSPORT
SAL BINNEKORT OPGEDATEER WORD
SAL BINNEKORT OPGEDATEER WORD
IN
MEMORIUM
BACK TO TOP
This Website is designed, hosted and maintained by:
© Standerton.com, Sakhile.com and Lekwa.com 2002-2012 all rights reserved.
|