|
|
|
|
ALGEMEEN:
10 September 2011 - Hennedag (VROUE
ALLEENLIK !!) Navrae: Ena Bester 083 557 7863
24 September 2011 - Boomplantdag & ken mekaar. Navrae: Koos Bester 073 859
7436
29 Oktober 2011 - Pick & Pay Baber & Karpfees.
Navrae: Venna Venter / Len Jacobs 083 762 6930
19 November 2011 - Ontwikkelings Hengelkliniek vir Juniors. Navrae:
Annerie vd Merwe 083 268 1112
17 Desember 2011 - Kersboom Navrae: Venna Venter 083 762 6930
31 Desember 2011 - Oujaarsdans Navrae: Venna Venter 083 762 6930
3 Maart 2012 - AJV
Daar word 3 Diepsee
hengelkompetisies beplan onder die leiding van Nicky Momberg.
1ste Diepsee hengelkompetisie - 8 & 9 Julie 2011 te Richardsbaai
Die kompetisie word gekombineer met die LGB se Seeliga en sal
beteken dat daar op 'n voorgee stelsel punte verdien sal word.
(Meer besonderhede sal later verstrek word.)
2de Diepsee 16 & 17 Desember 2011 te Sodwana.
3de Diepsee 17 & 18 Februarie 2012 (Shelly Beach of Mosambiek).
MPUMALANGA LIGTE GEREI BOOTHENGEL
Die eerste Liga van die Mpumalanga Ligte Gerei Boothengel
Het te Richardsbaai plaasgevind vanaf 14 - 16 Julie 2011.
Die 14de was ‘n oefendag en die 2 amptelike hengeldae was op
Vrydag en Saterdag 15 & 16 Julie, waarvan die beste een van
die twee dae getel het.
Die visvangs was egter beide dae baie swak en die weer het
in niemand se guns getel nie. Reen en koue wind was deurgaans
op die hengelaars se spyskaart en die paar bote wat wel uitgegaan
het diep see toe is baie vinnig terug sonder om lyne te laat sak.
Dag 1 het 15 eetbare vis en 15 nie-eetbare vis opgelewer uit ‘n
totaal van 43 hengelaars wat uit mans, dames en juniors bestaan het.
Vir die eerste maal in ‘n lang tyd het op dag 2 het die roofvis binne die
hawe kom skuiling soek en het ons 14 eetbare vis teenoor 7 nie-eetbare
vis op rekord geplaas. Alle vis is gemeet, foto’s geneem en weer vrygelaat.
‘n Nuwe Mpumalanga rekord vir ‘n Leervis van 10.90kg is deur Oos Koos
Farrel gevang met 4kg lyn. Die swaarste nie-eetbare vis (skuit) is gevang
deur Kurt Melzer 26.75kg wat ook die Mans wenner van die Liga was.
Beide hengelaars is van Tilapia klub in Witbank.
Leervisse het ook aan die dames en juionr wenner die eerste plekke besorg.
Die dames wenner was Anel de Silva van AHV-klub te Vereniging
met ‘n leervis van 7.69kg. Die junior wenner Damien Ansara ook
van Tilapiaklub met ‘n leervis van 5.93 kg.
Die 2de Liga vind plaas op die Vaaldam te Regeringsplaas op 16 & 17 September
2011 ter voorbereiding van die Binnelandse Kampioenskappe wat sal plaasvind
vanaf 5 – 9 Oktober 2011.
Belangstellendes kontak vir Annerie by 083 268 112.

Vir die 2011/2012 Hengelseisoen
sal daar 7 Best Boat Kompetisies wees waarvan 5 sal tel vir punte.
4 daarvan is dagkompetisies en 3 deurnagkompetisies. Een van hierdie
kompetisie word
vanjaar vir die eerste keer by die See aangebied!
1ste Best Boat - 7 Mei 2011
2de Best Boat - 16 JUNIE 2011 (POLAR BEAR)
3de Best Boat - 8 & 9 Julie 2011 te Richardsbaai (SEE HENGEL) Dit word
gekombineer met
die Diepsee en LGB Kompetisie. Dis in skoolvakansie - bring vroulief en
kinders saam!
4de Best Boat - 24 September 2011
5de Best Boat - 25 & 26 November 2011 - 1ste Deurnag kompetisie (Uitdaag ander
klubs ook)
6de Best Boat - 27 & 28 Januarie 2012 - 2de Deurnag kompetisie
7de Best Boat - 24 & 25 Februarie 2012 - 3de Deurnag kompetisie
Navrae: WK vd Merwe 073 481 3777 of Jaco Loretz 082 646 6178
26 November 2011 - Watersportdag.
Navrae: Gerhard Lombard 079 894 8532
IN
MEMORIUM
Dit is met groot
hartseer en verdriet dat
ons as Bootklub verneem het van die
skielike afsterwe van ons Seketaresse.
MELINDA OOSTHUIZEN
op 14/12/2012.
Ons dra Nick en die kinders op
aan die Here. Mag Hy hul vertroosting
gee en dra deur hierdie moeilike tyd.
Dankie Here vir die tyd geleen aan
haar man en kinders.
This Website is designed, hosted and maintained by:
© Standerton.com, Sakhile.com and Lekwa.com 2002-2011 all rights reserved.
|
|